Search

SMOKENDERS is ‘n maatskappy wat fokus om mense te help om op te hou rook of ander tabak produkte te gebruik.

Ons fasiliteerders van SMOKENDERS het ook voorheen gerook en het die Smokenders kursus gebruik om op te hou.

Die SMOKENDERS rook staak program help reeds sedert 1969 wêreldwyd mense om op te hou rook. Ons het ‘n reputasie van ‘n bewese 90% sukses koers en is geregtelik trots hierop.

SMOKENDERS South Africa het sedert 1975 reeds duisende Suid Afrikaners gehelp om hul rook gewoonte te oorkom.

Die SMOKENDERS program is nie net effektief vir sigaret rokers nie, maar werk ook vir e-sigarette, sigare, pype en “hubbly” rokers, asook diegene wat kou- en snuifprodukte gebruik.

Q Wat is Smokenders?

Die Smokenders program gebruik 'n wel bewese struktuur wat rokers vir reeds 51 jaar help om suksesvol op te hou rook.

Vele programme wat hiermee help, spreek slegs die nikotienverslawing aan, waar Smokenders 'n stap vir stap proses is om alle aspekte van die rook gewoonte aan te spreek.

'n Ander rede waarom die Smokenders program so suksesvol is, is omdat die kursus op gedokumenteerde beginsels van groepe met 'n gesamentlike doelwitte werk. Vele sulke persone is baie meer geneë om sukses te behaal met hierdie benadering as wanneer hulle alleen daartoe streef. Die weeklikse 2-uur vergaderings voorsien vir maksimum 12 deelnemers om te verseker dat elke persoon kenner individuele aandag ontvang.

Persone wat aan die Smokenders program deelneem, is ook geregtig op telefoniese ondersteuning van die fasiliteerder voor, gedurende en na die kursus.

Die kursus kan ook aanlyn op byvoorbeeld Skype of Zoom aangebied word.

Q Hoe werk die kursus?

Die kursus behels 6 weeklikse sessies van 2 ure.

Teen die tyd wat jy jou afsnydatum bereik, sal jy moeiteloos en sonder onttrekkingsimptome ophou rook.

Die program help jou om jou persoonlike en stresvolle rook knelpunte te identifiseer en met ondersteunings hierdie knelpunte te verbreek.

Jy leer dan hoe om hierdie nuwe nie-rook gewoonte te versterk, sodat jy rookvry kan bly sonder stres en hunkering na 'n sigaret.

Rate us and Write a Review

Dienslewering

Kommunikasie

Pryse

Browse

Your review is recommended to be at least 140 characters long

Show all timings
  • Monday09:00 - 17:00
  • Tuesday09:00 - 17:00
  • Wednesday09:00 - 17:00
  • Thursday09:00 - 17:00
  • Friday09:00 - 17:00

You agree & accept our Terms & Conditions for posting this information?.

Your request has been submitted successfully.

building Own or work here? Claim Now! Claim Now!

Claim This Listing