Categories
KwaZulu-Natal Port Shepstone Sunwich Port

Moeg Geploeg Lodge

Selfsorg verblyf

Products or Services

Moeg Geploeg Lodge is ‘n selfsorg-eenheid in Sunwich Port, 14 km vanaf Port Shepstone, 200 m van Sunwich Port se strand af, 2 km vanaf Southport-blouvlagstrand en stapafstand vanaf 4 gewilde restaurante. Die Polisiestasie is in dieselfde straat 200 m ver.

DiĆ© ateljee-lodge beskik oor ‘n slaaparea, kombuis, ‘n en- suite-badkamer en ‘n aparte gaste-toilet. Die slaaparea het ‘n koninggrootte-bed met ‘n elektriese kombers vir daardie koue aande. ‘n Platskerm-TV met eie DStv-kanale en ‘n DVD-speler is beskikbaar.. Die lodge het lugversorging in die slaaparea en ook n olie verwarmer. Die kombuis het ‘n oondjie met ‘n tweeplaat-gasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, breekware, kook- en eetgerei en 2 tafels met 12 stoele. Die badkamer het ‘n stort, wasbak en toilet.

Die woonstel lei na ‘n groot kuierarea met ‘n ingeboude braai, etenstafel met sitplek vir 12, veerpyltjiebord en leesstof. Die kuierarea het sy eie toilet. Daar is ook ‘n yskas met yskoue boetiekbier en ander drankies. Die lodge brou sy eie bier. Slegs uitvoer-wyne is op versoek beskikbaar. Daar is ook gratis onbeperkte WiFi en veilige onderdak parkeerplek. Hout vir die kaggel en buitebraai is gratis. Die lodge voorsien sy eie water en elektrisiteit.

Ontbyt is op versoek beskikbaar en ook ‘n spyskaart met egte Boerekos. Die perseel word 24 uur deur geslotekringtelevisie en ‘n sekuriteitsfirma beveilig. Buite die lodge is ‘n groot vlekvrye-staalblad om vis op skoon te maak. Die lodge het sy eie water op die perseel en is nie van munisipale watervoorsiening afhanklik nie. Indien kragtoevoer onderbreek word is daar 12volt LED-ligte wat net by ‘n skakelaar aangesit moet word.

Moeg Geploeg Lodge is 30 km vanaf Oribi Gorge en Elandmeer, en 10 km vanaf Hibberdene en 30 km van Margate. Daar is 5 top gholfbane binne ‘n 40 km-radius vanaf die lodge.

Contact

Charlie Ward
082 253 5754 (Phone and WhatsApp)
wardena@telkomsa.net

1 Sea View Rd
Sunwich Port
Port Shepstone

Mon – Fri
07:00 – 19:00

Sat
07:00 – 12:00

Sun / Public Holidays
07:00 – 12:00