Search

SELFSORG Woonstel TUSSEN JEFFREYSBAAI EN PORT ELIZABETH: Navrae slegs per WhatsApp

Modern Ten volle toegeruste selfsorg in Blue Horizon baai.

OPI-SEE Selfsorg is ‘n woonstel met n uitsig op die see en langs die kloof.
1 Slaapkamer met dubbelbed. 1 x enkelbed, asook 1 uittrekbed op wieletjies in aparte leefarea. Gerieflik vir 2, maar Maksimum van 4 persone om te huisves.
1 badkamer met ‘n toilet, wasbak en stort.
Die res van die woonstel bestaan uit ‘n oopplan leefarea met kombuis en loop uit op ‘n dek met ongelooflike uitsig op die strand, sand en see, asook die kloof in ons bewaringsarea
Badhanddoeke word voorsien.
Ten volle toegeruste kombuis met stoof en wasmasjien, mikrogolf, radio, Dstv, Wifi, yskas en vrieskas.
Braai op dek, maar ook aan agterkant onder beskutte melkhoutboom vir dae wat wind waai of baie warm dae.
Veilige speelplek vir kinders.
Afgesonder en nie naby aan bure.

Parkering reg langs huis. Baie veilig.
GEEN diere toegelaat nie.
Naweek en dag verblyf beskikbaar
See EN strand uitsig
1km se stap na strand (teerpad langs)

Km’s se visvangparadys,
8km se SKOON stapstrande, bulte en duine vir hardlopers met stil teerpad, mooiste sonsondergang.
4km stap op strand na Van Stadensmond met lagoon en karavaanpark geriewe.

Sentrale ligging;
13km tot by N2 Hoofpad.
17km na Windmill N2 garage met Steers, KFC en Ou Meul padstal.
25km na Van Stadensbrug en Crossway Farm Village Padstal met verskeie asemrowende bergfiets roetes.
25km vanaf PE se Baywest Mall, 60km vanaf Jeffreysbaai
40km na PE lughawe en naby aan Wedgewood Golfbaan
60km na die Gamtoosvallei: Mooihoek Aarbeiplaas, Padlangs padstal en Baviaans Appeltreintjie
120km na Eersterivier, Tsitsikamma en Kwela se Dorp vd jaar: Kareedouw en die R62 na die mooie Langkloof oppad na Oudtshoorn

Rate us and Write a Review

Dienslewering

Kommunikasie

Pryse

Browse

Your review is recommended to be at least 140 characters long