Search

Gastehuis / of Selfsorg
Ongeveer ‘n 1 uur en 45 minute se ry vanaf Johannesburg.  Gerieflik vir die besigheids persoon wat privaat en ongestoor wil  werk of sommer net vir ‘n rustige naweek op die platteland.  ‘n Wegbreek naweek van die geraas en woelige verkeer van die stadslewe.

Dwerguiltjie gastehuis se gasvryheid  is tipies van ‘n plattelandse dorpie.  Heerlike tuisgemaakte etes, regte boerekos met vars brood en tuisgemaakte konfyte  word bedien met ‘n kontinentale ontbyt. Aandetes en middagetes word voorsien op versoek.  Tee, koffie en tuisgemaakte soetkoekies kan by aankoms geniet word in ‘n heerlike plattelandse atmosfeer.

Die gastehuis is toegerus met ‘n alarmstelsel, toesluit motorhuis, ‘n privaat tuin en u eie kombuis, sitkamer, eetkamer en badkamer. Etes kan voorsien word op versoek of anders kan u u eie etes voorberei in die kombuis wat toegerus is met ‘n mikrogolf, stoof, yskas en alles wat jy sal nodig hê as jy selfversorgend sou wou wees.

Volle DSTV, Wi-Fi wat jy in jou eie privaat sitkamer kan geniet.

Winkels, apteek, kitsbanke, banke, kerke, restaurante, kitskos en vele meer is binne loopafstand van die gastehuis geleë.

Dinge en plekke te sien in en om Reitz omgewing  :

Die Wolweplaas vir Husky’s en wolwe,  Dacor Roosplaas net buite die dorp en Loins Rock net voor Bethlehem.  Reitz Gholfbaan beskik oor ‘n 9 putjie baan, asook rolbalbane, muurbalbane en tennisbane binne die dorp.  Laaste maar nie die minste nie is ons jaarlikse Bieleimieliefees, die fees met gees word elke jaar in Februarie maand gevier.

Clarens is ongeveer 45 minute vanaf Reitz en Golden Gate Natuurreservaat ongeveer 55 minute van Dwerguiltjie Gastehuis.  Vir die wildjagter is hier heelwat jagplase in die omgewing en die vriendelike boere gretig om u van diens te wees.

Rate us and Write a Review

Dienslewering

Kommunikasie

Pryse

Browse

Your review is recommended to be at least 140 characters long

Show all timings
  • Monday08:00 - 18:00
  • Tuesday08:00 - 18:00
  • Wednesday08:00 - 18:00
  • Thursday08:00 - 18:00
  • Friday08:00 - 18:00
  • Saturday08:00 - 18:00
  • Sunday08:00 - 18:00

You agree & accept our Terms & Conditions for posting this information?.

Your request has been submitted successfully.

building Own or work here? Claim Now! Claim Now!

Claim This Listing