
The South African Institute For Playpark Safe
115 Fairway, Beachwood, Durban North, South Africa
Uitgewersdienste
Almal het die ideaal om iets na te laat wat van waarde kan wees vir toekomstige geslagte. Daardie klein deel van u, u unieke talente, geskenke, insigte en lewenservarings wat duisende mense se lewens kan beïnvloed, wat dieselfde ideaal het waarna u smag, maar nie die vertroue het om dit hulself na te streef nie.
Sommige mense het u selfs gevra wanneer u ‘n boek gaan skryf, maar die idee van al hierdie onbekende aspekte wat die skryf en uitgee van ‘n boek behels, het u laat kriewel.
U het egter vandag die geleentheid om hierdie aspekte te deel en om die verskil te maak, die rykdom aan ervaring en kennis wat u wil hê ‘n verskil vir ander moet maak. Laat AV Publishing u help om u kennis, idees en ervarings vas te lê in ‘n boek waarvan u die outeur is.
AV Publishing maak dit nou vir u moontlik om hierdie droom te bewaarheid.
Proefleesdienste
Proeflees van alle akademiese / literêre / sekulêre boeke of dokumente.
Proeflees in Engels en Afrikaans.
By die proeflees van ‘n boek / dokument word foute opgemerk of reggestel, gebaseer op die outeur se diskresie.
Vertaaldienste
Ek gebruik verskillende vertaalmetodes om te verseker dat u eindproduk taalkundig sowel as wesenlik korrek is en dus onmiddellik drukgereed.
Vertaling van alle akademiese / literêre / sekulêre boeke of dokumente.
Vertalings gedoen: Engels na Afrikaans en Afrikaans na Engels.
Vertaling van ‘n boek / dokument kan die volgende insluit:
* Proeflees
* Bewerk waar nodig
Tikdienste
Dit gebeur dikwels dat die bron van bestaande werke nie meer beskikbaar is nie en dat dit weer getik moet word. As u dus ‘n getikte weergawe van Ouma se gesinsresepteboek wil hê, is dit geen probleem vir AV Publishing om dit vir u te doen nie.
Of as u u handgeskrewe gedigte wil publiseer en dit wil laat tik, is AV Publishing die maatskappy wat u daarmee kan help. Inteendeel, enigiets wat getik kan word, is AV Publishing se spesialiteit.
Kontak my vir ‘n gratis kwotasie.
Opneemdienste
Opnametale: Engels en Afrikaans.
Formaat: mp3
Die opneem van boeke / dokumente is ‘n broodnodige medium om hierdie boeke / dokumente beskikbaar te stel vir mense met ‘n gesigstekort, sowel as ongeletterde mense.
Fasilitering van drukwerk
AV Publishing bied u die diens om u publikasie drukgereed te kry, die tegniese skakeling met die drukker te doen en u publikasie te laat druk.
Moet dus nie in ‘n koue sweet uitbreek as u ‘n publikasie weer wil laat druk nie. AV Publishing is daar, tot u redding.