Wat is Ons Plek?

Ons Plek is ‘n digitale Besigheidsplatform. Ons eerste fase (besighede en entrepeneurs lys op die netwerk) is reeds operasioneel.

Verskaf aan elke persoon of besigheid wat lys ‘n aantreklike en volledige profiel wat insluit:

  • Fotos, 
  • Beskrywings van produkte en of dienste wat die persoon verskaf. 
  • Skakels na Facebook bladsye, skakels na e-pos adresse, skakels na webblaaie, 
  • Verskaf whatsapp en kontaknommer inligting en besigheidsure

Ons Missie

Ons Plek is ‘n platform wat gestig is om ons mense te help om in hulle onderskeie areas en dorpe produkte en dienste te adverteer en op te spoor deur net van ‘n paar sleutelwoorde gebruik te maak. 
Ons moedig mense aan om eerder die tannie in jou straat te ondersteun wat van haar huis af brood bak as om kettingwinkels te ondersteun.

Ons Visie

Ondersteun Klein Besighede, entrepeneurs & eenmansake.
Maak ons mense onafhanklik van sosiale media.
Bou ‘n ondersteuningsnetwerk.

Kostes

Teen ‘n R100 eenmalige fooi

  • Dit sluit in die lys van jou produk, diens of besigheid. 
  • Jou volledige aantreklike profiel waarvan jy die skakel kan deel met soveel mense as wat jy wil. 
  • Die gebruik van Ons Plek se Facebook Blad en groep waar jy na hartelus jou besigheid of produkte kan bemark 
  • Jy kan soveel kere as wat jy wil vir ons nuwe fotos of inligting stuur om vir jou op te sit by jou profiel 
  • Jy kan altyd direk met ons skakel op whatsapp of per telefoon oproep 
  • Niemand kan self enige van die inligting of fotos verander of plaas nie. Elke plasing word deur ons gedoen. 


Sluit My Aan!