Accommodation
Produkte of dienste
- Elandsbult Self-Catering Accommodation is op ‘n skaapplaas buite Bloemfontein en bied gehalteverblyf aan sakereisigers en oornaggaste. Dit is naby die N8 en N1.
- Verblyf is beskikbaar in ‘n huis met 2 slaapkamers wat apart of saam bespreek kan word.
- Die gemeenskaplike kombuis word gedeel slegs met gaste in die huis en is met ‘n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.
- In die gemeenskaplike sitkamer is daar gemaklike sitplek en ‘n TV met DStv. Daar is ook ‘n eetarea waar gaste etes kan geniet. WiFi is beskikbaar.
- Binne-braaigeriewe is beskikbaar en die leefkamer lei na ‘n patio waar gaste kan ontspan.
- Die agterplaas het elektriese heinings en voertuie kan voor die verblyf parkeer.
Oornag prys is R1200 vir die eenheid wat 4 mense kan akkommoddeer. (dubbelbed en 2 enkelbeddens)
kontak
Braam Jordaan
082 413 7626 (Ook beskikbaar op WhatsApp)
braamjordaan@vodamail.co.za – Epos
Elandsbult Selfsorg Akkommodasie – Facebook
Plaas Elandsbult
Bloemfontein
Ma – Son / Publieke Vakansiedae
07:00 – 18:00