Ons Plek Directory (Pty) Ltd is ‘n aanlyn gids vir Volkseie besighede & entrepreneurs ….’n kultuur georiënteerde besigheidsnetwerk.
Daar is reeds meer as 1000 ondernemings deel van ons platform en hierdie besighede wissel van dames wat koeksisters bak vanuit hul tuis kombuis tot motorwerktuigkundiges, vakansie behuising, venue-en gastehuis eienaars na boekhouers, skrynwerkers, naaldwerksters en alles tussenin.
Ons doelwit is om dorp vir dorp elke volkseie kleinsake eienaar, eenmansaak en entrepreneur te lys op ons aanlyn gids om so die netwerk te vergroot en produk- en diens verskaffers met kliente en kopers in kontak met mekaar te bring.
Ons diens stop egter nie daar nie. Ons Plek Directory is baie aktief op sosiale media en elke nuwe plasing voer outomaties deur vanaf die webblad na ons Facebook Besigheidsblad waarvandaan dit weer in drie van ons facebook groepe gedeel word.
Ons het ook ‘n gratis toepassing (app) in Google Play Store beskikbaar waarop nuwe besighede bekendgestel word, besighede promosies kan adverteer en waarop ons geleenthede plaas wat persone kan bywoon. Ons gee ook hier beskikbare poste deur.
Ons gids staan tans op bykans 140 000 advertensie besigtigings.
Ons het verskeie pakkette en bemarkings opsies beskikbaar. Kontak ons gerus vir meer inligting deur ‘n epos te stuur na info@onsplek.co.za